Читать книгу: «Die Wanbegrip»

Шрифт:

1 DIE

2 WANBEGRIP

`n Spirituele Gids, `n Spook Tier, En Een Vreesaanjaende Ma!

deur

1 OWEN JONES

Vertaler:

1 Maria Burger - Prinsloo

Kopiereg © 2021 Owen Jones

Die Wanbegrip

`n Spirituele Gids, `n Spook Tier, En Een Vreesaanjaende Ma!

deur Owen Jones

Publiseer deur

Megan Publishing Services

https://meganthemisconception.com

Die reg van Owen Jones om identifeer te word as die skrywer van hierdie werk is bevestig in ooreenstemming met seksies 77 en 78 van die Kopiereg Ontwerp en Patente Akte van 1988. Die morele regte van die skrywer is bevestig.

In hierdie werk van fiksie, is die karakters en gebeure óf ‘n produk van die skrywer se verbeelding, óf hulle is geheel en al fiktief. Sommige plekke mag bestaan, maar die gebeure is geheel en al fiktief.

Kontak my by:

http://facebook.com/angunjones

http://twitter.com/owen_author

owen@behind-the-smile.org

http://owencerijones.com

Sluit by ons nuusbrief aan vir binnekring inligting oor

Owen Jones se boeke en skrywe

deur jou epos-adres hier in te voer :

http://meganthemisconception.com

Ander novelle in dieselfde reeks:

Die Megan Reeks

`n Spirituele Gids, `n Spook Tier, En Een Vreesaanjaende Ma!

Die Wanbegrip

Megan's Thirteenth

Megan’s School Trip

Megan’s School Exams

Megan’s Followers

Megan and the Lost Cat

Megan and the Mayoress

Megan Faces Derision

Megan’s Grandparents Visit

Megan’s Father Falls Ill

Megan Goes on Holiday

Megan and the Burglar

Megan and the Cyclist

Megan and the Old Lady

Megan’s Garden

Megan Goes To the Zoo

Megan Goes Hiking

Megan and the W. I. Cookery Competition

Megan Goes Riding

Megan Goes Yachting

Megan at Carnival

Megan at Christmas

1 TOEWYDING

Hierdie weergawe word aan my vrou, Pranom Jones, toegewy deurdat sy my lewe so maklik as wat sy kan moontlik maak, sy doen ‘n fantastiese werk, en aan my ouers, Colin en Marion, vir die wonderlike opbrengs wat hulle my en my broers gegee het.

Karma sal elkeen in net goedheid betaal.

1 ERKENNINGS

Aan my vrou, Pranom vir haar geduld en my vriend Lord David Prosser vir sy hulp met die omhulsel se ontwerp.

1 INSPIRERENDE KWOTASIES

“Glo nie in alles net omdat jy dit gehoor het nie,

Glo nie in enige iets net omdat dit gesê is en daar gerugte deur vele is nie,

Glo nie in enige iets net omdat dit in jou geskrewe gelowige tekste gevind is nie,

Glo nie in enige iets net oor die outoriteit van leermeesters en ouderlinge nie,

Glo nie in tradisies omdat hulle vir generasies oorgedra is nie,

Maar na waarneming en analise, as enige iets met rede saamstem en bevordelik is vir die goeie en voordelig is vir die goed en winsgewendheid van een en almal, aanvaar dit en leef daarby.”

Gautama Buddha

------

Groot Gees, wie se stem op die wind is, hoor my. Laat ek groei in krag en kennis.

Laat my ewig die rooi en pers sonsondergang behou. Mag my hande die dinge wat u aan my gegee het respekteer.

Leer my die geheime wat onder elke blaar en steen versteek is, soos u mense vir eeue in die verlede geleer het.

Laat ek my krag gebruik, nie om groter as my broer te wees nie, maar om my grootste vyand te bestry – myself.

Laat ek altyd voor u kom met skoon hande en ‘n oop hart sodat, soos my Aardse bestaan soos die sonsondergang vervaag, my Gees na u sal terugkeer sonder skaamte.

(Gebaseer op ‘n tradisionele Sioux gebed)

1  INHOUD

1 Hobson se Keuse

2 Toenemende Bewustheid

3 Moeder se Klein Helpertjie

4 Inspirasie

5 Die Bure

6 Megan se Vriende

Die Ontoelaatbare

1 1 HOBSON SE KEUSE

Megan was weer op die randjie van trane in die kole kelder toegesluit. Sy was net twaalf jaar oud en sy kon nie verstaan hoekom haar ma so ‘n aaklige ding aan haar kon doen nie. Dit het al ‘n halfdosyn maal voorheen gebeur, maar soos dit is, het haar pa niks daarvan geweet nie. Sy het hom nooit vertel nie en sy was seker dat haar ma ook nooit iets daaroor sou sê nie.

Daar was ‘n onuitgesproke ooreenkoms tussen haar en haar ma om nie mekaar in die steek te laat nie, maar hier was sy al weer, in die kelder, in die vullis en die stof met wie-weet-watter aaklige kreature haar dophou.

Sy het nie geweet nie. Dit was pikswart en dit het al haar krag gevat om haarself daarvan te weerhou om te huil en om haar ma te smeek om haar uit te laat. Sy het dit al op ander geleenthede probeer en haar ma het onredelike eise vir haar uitlating aan haar gestel. Voorwaardes wat sy geweet het sy nie kon voltooi nie, hoe hard sy ook al probeer.

Soms het dit gevoel dat sy die enigste een was wat die ooreenkoms ernstig opgeneem het.

Teen haar sin het trane weer teen haar wange begin afrol en onsigbare rivierbeddings deur die stof op haar gesig gemaak, en die stof van die kool op haar skool uniform begin afloop. Dit was te veel, dit was regtig. Hoe kon iemand wat haar so goed verstaan, so wreed teenoor haar enigste dogter optree?

Megan spring onwillekeurig wanneer haar ma moedswillig die deur met die stofsuier stamp toe sy daar verby gaan. Daar was nie eers ‘n skrefie lig waarvandaan sy gerusstelling kon kry nie, so sy het maar gedoen wat sy voorheen gevind het haar die meeste gehelp het, en die hoop kool bymekaar teen die muur en toe na regs geskraap tot sy die hoek gevind het.

Daar het sy haar lang romp om haar bene gedraai om enigeiets te stop wat teen haar bene kan opkruip en dit onder haar ingedruk. Sy het al die knope op haar bloes vasgemaak, haar sokkies opgetrek, haar trui oor haar kop getrek en haar hande in haar moue ingetrek. Hierdie het Megan geweet was so veilig soos wat dit kon wees teen wat ook al in die kelder gelewe het. Sy was nie oor spoke en goed soos daardie bekommerd nie, alhoewel daardie eintlik die probleem was, maar sy het nie gehou van insekte wat oor haar rondkruip nie en kon nie die gedagte van gebyt word en haar bloed uitgesuig word, verduur nie. Sy het spinnekoppe ook gehaat, maar toegedraai in haar skool uniform se koekon het sy geweet dat daar net ‘n paar duime van oop vel bo haar sokkies uitsteek wat die grillerige goed kan bykom. ‘n Paar vierkant duime na die kante, om presies te wees, want haar arms het haar kuite styf teen haar dye omhels.

Sy wens sy kon ophou huil. Selfs net ‘n bietjie, maar sy het geweet dat sy sou terwyl sy wag om vrygelaat te word. Sy het ook geweet wanneer dit sou wees – ongeveer vyf–dertig, wat haar ‘n halfuur gee om haarself skoon te maak voordat haar pa van die werk af kom.

Megan het verstaan hoekom haar ma hierdie doen. Dit was omdat sy bang was en Megan nie. Haar ma was vreesbevange vir haar dogter, en daarom wou sy haar so bang soos haarself maak. Die probleem was dat Megan nie bang was nie en niks kon sien om voor bang te wees nie. Sy het dit al ‘n honderd keer aan haar ma probeer verduidelik, maar sy maak haar óf figuurlik óf letterlik soos nou stil.

Haar ouers was beide Katolieke, maar haar ma was ‘n baie streng Katoliek en haar pa ‘n bietjie minder streng. Haar ma was vreesbevange vir Die Hiernamaals, so het sy gesê, maar nie vir haarself nie, aangesien sy haarself as ‘n goeie Katoliek gesien het, en was oortuig dat haar plek in die Hemel al reeds verseker is, solank as wat sy aanhou om haar plig te doen. Die probleem, sover dit Megan aangegaan het, was dat haar ma gedink het dat deel van haar pligte was om haar dogter in die kelder toe te sluit, en dit is hoekom sy nou daar is.

Haar pa was ook ‘n gebore Katoliek, maar was nie so streng soos haar ma nie. Hy het geglo, dat as mense die ewige verdoemis wil waag, dan was dit hulle keuse. Hy het hom oor sy eie siel en dié vir wie hy lief was bekommer, maar hy het in ‘n hoeveelheid van vrye keuse geglo, selfs vir klein meisietjies.

Megan was lief vir albei haar ouers ten spyte van wat haar ma aan haar gedoen het, want, alhoewel sy maar jonk was, het sy besef dat haar ma haar beste belange op die hart gedra het. Sy het selfs probeer om hulle ewe lief te hê, maar die probleem, in Megan se opinie, was dat haar ma óf nie goeie Leermeesters gehad het nie óf sy was te bang om haar eie oë, ore en sintuie te vertrou.

Sy was nie heeltemal seker wat hulle was nie, sy het net geweet dat sy hulle het en ander ook, maar dat haar ma hulle nie erken het nie en daarom wou haar ma nie glo dat ander hulle ook gehad het nie. 'Na alles', het haar ma haar vertel, 'Ek is vier-en-dertig en jys is maar net twaalf. Ek het by ‘n Katolieke skool studeer, terwyl jy net na die

interkerklike omvattende skool gaan'.

Haar ma het blykbaar nie enige probleme met die interkerklike omvattende skool sisteem gehad nie, maar sy het die woord 'interkerklik' uitgespoeg. Megan het nooit die probleem verstaan nie. Sy het beide goed en sleg ontmoet, slim en nie so slim nie en bewus en nie so bewus nie, van die meeste gelowe.

Haar ma het in die goed van hart, slim en nogal bewus van kategorië geval.

Haar pa was goed, slim en redelik bewus.

Megan het haarself as goed, redelik slim en baie bewus geoordeel.

Dit was haar probleem. Dit was hoekom sy gehurk was in die hoek van ‘n pikswart kool hool met allerhande soorte van goed wat op hierdie huidige oomblik oral oor haar kruip. Sy sidder aan die gedagte, maar die snuiwery het opgehou soos wat sy geweet het dit uiteindelik sou doen.

Sy het geweet dat sy twee opsies het.

Sy kon haar pa vertel wat met haar agter sy rug gebeur en ‘n stryery veroorsaak, wat tot egskeiding kan lei of sy wat in sorg geneem word of sy kon voorgee dat sy nie bewus was nie, soos sy gewoonlik daarna verwys.

Megan het geleer dat die beste ding om te doen wanneer sy in die kelder toegsluit was, was om aan iets anders te dink, en die onderwerp wat sy die meeste van van gehou het om aan te dink, was haar vriende. Sy het nie baie vriende gehad nie maar hulle was baie spesiaal aan haar. Haar gunsteling vriende was haar oupa, Wacinhinsha en haar troeteldier kat.

Sy het haar oë toegemaak, probeer om te ontspan en probeer om hulle te sien waar hulle voor haar staan of langs haar sit. Dit het haar altyd ‘n warm gevoel gegee en daarom het sy dit altyd gedoen wanneer sy ontsteld was. Dit was een haar klein truuks om te oorleef wanneer die lewe onregverdig voorgekom het.

Megan het gedink dat sy iets teen haar dy voel skaaf het en het ‘n geluid gehoor wat deur haar trui gedomp was.

Sy het vir ‘n oomblik gevries.

1 2 TOENEMENDE BEWUSTHEID

Dit het alles begin toe sy ‘n kleuter was. Sy is deur die dag by haar ouma aan haar ma se kant gelos omdat albei haar ouers gewerk het. Haar ma se ouers was van die tradisionele soort, waar die man uitgegaan het om te werk en die vrou by die huis gebly het en gedoen het wat sy ookal kon vind om te doen in ‘n huishouding waar die kinders al reeds getroud was en die huis verlaat het. Mev. White het nooit haar eie vriende gehad nie. Elkeen wat sy geken het was ‘n vriend of die vrou van ‘n vriend van haar man, so toe hy oorlede is het Mev. White omtrent geen vriende gehad nie.

Mev. White het verskeie kere gedink dat sy haarself voel mal raak van verveling en alleenheid.

Om Megan te gehad het om gedurende die dag na te kyk en soms in die nag ook was daarom ‘n uitkoms. Mev. White het baie mense vertel dat dit haar gekeer het om mal van verveling te word, maar jare later het Megan gewonder of sy nie te laat opgedaag het om die begin van proses te stop nie.

Die eerste indikasie dat iets verkeerd was, was to Megan ‘n babatjie was. Megan het goed met haar linkerhand begin optel, wat ‘n baie slegte teken vir Mev. White was. In die begin het Mev. White net die item na Megan se regterhand oorgeplaas en gesê, ‘Linkerhand sleg, regterhand goed,’ maar na ‘n paar weke toe Megan nie nog nie ‘geleer’ het om die regte manier van dinge te doen nie, het sy ‘n klap op die linkerhand gekry sowel as die aanmaning dat die linkerhand sleg was.

Soos enige kind van haar ouderdom sou, na sulke streng Pavloviese opleiding, het Megan geleer om haar regterhand te gebruik. Haar ouma was tog so gelukkig oor hoe Megan op haar opleiding reageer het, en een dag het sy die nuus triomfantlik aan haar dogter oorgedra, wat nie eers opgemerk het nie, dat Megan nou haar regterhand eksklusief gebruik op goed op te tel waar sy voorheen haar linkerhand verkies het.

Suzanne, Megan se ma, het niks daarvan gedink nie. Sy het geweet dat haar ma ‘vreemde soort maniere’ gehad het en haar toegelaat om hulle te koester. Alhoewel, wat sy nie onthou het nie, was dat haar ma hulle ook op haar gebruik het, en as sy nie het nie, sy ook ‘n ander soort van persoon sou wees. Om mee te begin; sy sou ook links-handig wees.

Suzanne het nie haar man, Robert, vertel dat Megan met die neiging om haar linkerhand te gebruik gebore is maar dat dat dit uit haar ‘geslaan’ is nie, aangesien hy self links-handig was en baie meer toegeeflik met sulke bygelowe was nie, en hy sou dit nie goedgekeur het nie. Een van die redes waarom Mev. White Robert afgekeur het was omdat hy links-handig was, maar sy het dit oorweeg en besluit dat dit al reeds te laat was om hom en sy siel te red.

Sy het alles in haar vermoë gedoen om dit moeilik vir Suzanne te maak om verlief te raak en uiteindelik met Robert te trou. Sy het aan haar gekarring, haar verbied om uit te gaan, haar karige sakgeld gestop en haar selfs in die besemekas onder die trappe toegesluit.

“Ek kan nie glo dat ‘n dogter van my haarself gedra soos wat jy jou self gedra nie”, Sou sy gereeld skree terwyl sy op die kas se deur sou hamer terwyl sy verby geloop het. “Ek dink hulle moes die verkeerde kind vir my gegee het. Ek kon nie ‘n dogter soos jy hê nie.”

Suzanne was gelukkig. Hulle het ‘n steenkool bunker by hulle huis gehad en nie ‘n steenkool gat nie, maar sy het die kas selfs as ‘n tiener net so ‘n vreesaanjaende plek gevind, en vir al dieselfde redes dat Megan nie daarvan gehou het nie; want Mev. White het haar dogter vertel dat daar moontlik ‘demone en duiwels’ daarin is. Sy het Suzanne met daardie geleenthede vertel dat sy stil in die hoek moet sit en haar kop toemaak, ‘sodat die demone en die duiwels haar nie kan raaksien nie’.

Soos toe Megan begin praat het, het Mev. White dit as ‘n persoonlike triomf gesien. Sy het geen krediet aan Suzanne of Robert gegee nie, en haar vriende vertel dat sogenaamde ‘moderne ouers’ nie tyd vir hulle kinders het nie en dat, as dit nie vir die grootouers was nie, die volgende generasie ‘totale morone’ sou wees.

Die meeste van Mev. White se kennisse het geweet hoe sy is en het óf net hulle koppe in oënskynlike saamstemming genknik, óf die onderwerp verander en vinnig pad gegee wanneer dit ‘n opsie was. Geselsies het gereeld langs dié lyne gegaan:

“Ah, Mev. White, Ek is seker daarvan dat jy ‘n uitstekende taak daarvan maak om jou dogter uit te help deur na klein Megan te kyk... Hoe gaan dit hierdie jaar met die begonias?”

En so is klein Megan verstoot en aan die wankelrigheid van haar ouma oorgelaat omdat Mev. White nie meer op Aarde was om haar verbeeldingsvlugte in toom te hou nie; alhoewel, soos wat dit uitgedraai het was daardie ook nie heeltemal waar nie. Terwyl sy by Mev. White se voete gesit het, het Megan soms ‘n speelding uitgehou en dit aan ‘Oupa’ aangebied.

Eers het Mev. White gedink dat die kind deurmekaar was. Sy het aangeneem dat die ‘ander grootouers’ besig was om haar klein protégé deurmekaar te maak, so, wetende dat die taktiek voorheen gewerk het, wanneer Megan ook al ‘n speelding uitgehou en ‘Oupa’ gesê het, sou sy dit vat en ‘Ouma’ sê. Later het sy meer desperaat geword en ‘Ouma, Megan, nie Oupa nie! gesê en haar ‘n klappie op die been gegee.

Бесплатный фрагмент закончился.

399 ₽
312,10 ₽
Возрастное ограничение:
0+
Дата выхода на Литрес:
07 марта 2021
Объем:
60 стр. 1 иллюстрация
ISBN:
9788835419402
Переводчик:
Правообладатель:
Tektime S.r.l.s.
Формат скачивания:

С этой книгой читают